Hoër Volkskool Graaff-Reinet het 13 April aan die ATKV Karoo Interskole Toneelfees in Victoria-Wes deelgeneem.

Die groep is groot lof toegesing deur die uiters bekwame beoordelaars.

Verder is ook genoem dat die afronding van die stuk prysenswaardig is.

Darion Jooste ontvang die toekenning vir Beste Manlike Akteur.

Ons is voorwaar trots op ons skool se toneelgroeppe en vertrou dat daar nog vir jare wat kom, met hulle rekening gehou sal moet word, nie net in die Karoo nie, maar landswyd.

Hou die skool se drama dop vir verdere optredes.

Meer Nuusberigte