Johndre Ludick (17), ‘n talentvolle jong gholfspeler van Hoër Volkskool, het onlangs aan twee toernooie deelgeneem. By die 2024 Nomads SA seuns o. 19-slagspel-kampioenskap wat van 25 tot 29 Maart in Benoni gehou is, het hy ‘n vyfde plek behaal.

Van 12 – 14 April het hy aan die 2024 First Capital Bank Zimbabwe Junior Ope by die Borrowdale Brooke-gholfklub in Harare deelgeneem. Dit was die eerste keer wat hy aan hierdie kompetisie deelgeneem het, en hy behaal ‘n algehele tweede plek! ‘n Groep van 12 juniors van die GolfRSA National Squad en die Suid-Afrikaanse Gholfontwikkelingsraad (SAGDB) het aan hierdie kampioenskap deelgeneem. Daar het spelers van reg oor die wereld deelgeneem aan hierdie toernooi.

Dit is regtig ‘n uitsonderlike prestasie! Baie geluk, Johndre!

Meer Nuusberigte