‘n Wonderlike geleentheid het ons gr 12’s te beurt geval. Die matrieks het Maandag, 22 April, ‘n opvoering in ons eie skoolsaal gekyk wat handel oor een van hul voorgeskrewe boeke vir die matriekeindeksamen. Die verhoog is betree deur bekende persoonlikhede soos Francois Lensley (hy was lank te sien as Marko van 7e laan, meer onlangs as Dr. Henry in Binnelanders) en Maryke Coetser, beter bekend as Marijke in Getroud met Rugby.

Die matrieks glo dat hierdie geleentheid hul gehelp het om beter voor te berei vir die eksamen. 

Meer Nuusberigte