Vandag was die laaste dag van die jaarlikse Union High School Senior Hokkietoernooi.

Hoër Volkskool het die besige naweek afgesluit en teen Victoria Girls gespeel. Ons het op ‘n hoogtepunt geëindig en 3-2 gewen. Doele is deur Zanri Groenewald, Anishka Luiters en Jani van der Merwe aangeteken.

Die span het algeheel vyfde uit 17 spanne geëindig.

Ons wil baie dankie sê aan Union High School en met die suksesvolle toernooi gelukwens. Dis elke jaar een van die hoogtepunte op ons hokkiekalender. Ons sien uit na volgende jaar!

Meer Nuusberigte