HVS se eerste hokkiespan neem die naweek aan die Union High Hockey Festival deel.

Hul het vanoggend hul eerste wedstryd op Hoër Volkskool se astro hokkieveld teen Hoërskool Burgersdorp gespeel en wen die wedstryd 3-0. Doele is deur Marlie Nel, Shana-Leigh Lange en Deirdré Alberts aangeteken. Hul het hul tweede wedstryd teen DSG gespeel en het 0-1 verloor.

Hul het vanmiddag teen Riebeeck Girls gespeel en die wedstryd 4-0 gewen. Die doele is deur Lua Bouwer 2, Deirdre Alberts 1 en Anishka Luiters 1 aangeteken.

Ons hou styf duimvas vir more oggend se wedstryd teen Framesby!

Meer Nuusberigte