Lehan de Beer (gr 10), het Saterdag 9 Maart 2024 aan die Colesberg Uithourit deelgeneem.

Hulle het 06:00 die oggend vanaf die Chargo Merino Inn Hotel vertrek. Lehan het met sy perd, Gnu Gabbi, tweede in die Novice 40 km klaargemaak.

Baie min perde het hierdie rit, sonder enige beserings, voltooi.

Dit was ‘n baie moeilike roete, maar ten spyte daarvan het hulle dit voltooi en kan hy nou in April 2024 aan sy eerste 80 km uithourit te Oudtshoorn, deelneem.

Ons is baie trots op jou, Lehan!

Meer Nuusberigte