Tiaan Fourie het vanaf 28 Februarie tot 2 Maart 2024 aan die Nasionale Ruiterkunsproewe te Riversdal deelgeneem. Die kompetisie het oor vier dae gestrek waar ruiters die eerste twee dae op hulle eie perde en daarna op vreemde perde deelgeneem het.

Tiaan is vir die Senior Vyfgang Proteaspan gekies, wat later vanjaar aan die Saddle Seat Wêreldbeker te Parys, Suid-Afrika gaan deelneem.

Baie geluk met hierdie puik prestasie, Tiaan.

Meer Nuusberigte