Soul Point Archery Club

Die bussie het vroeg môre op 16 Maart 2023 na Jeffreysbaai vertrek, om betyds by die kompetisie te wees, wat by die Global Leadership Academy gehou is.

Met die eerste rondte het die wind reeds baie sterk gewaai. Die vinnige optrede deur al die deelnemers, kon die baan se uitleg omgedraai word, sodat die skuts windaf kon skiet.

Uitslae van die kompetisie

Hoërskool afdeling:

Dogters: Mikha Enslin Silwer 250/300

Seuns: John Read Silwer 272/300

Die tweede kompetisie is noodgedwonge afgelas, as gevolg van reën wat die verrigtinge onderbreek het.

Foto’s: Mikha Enslin en Wian Lötter in aksie.

Meer Nuusberigte