‘n Spoggerige aand vol Afrikaanse musiek, leerders wat in deftige klere uitgevat is, heerlike kos en asemrowende dekor. Dit is niks anders as die ATKV-Volksmond se jaarlikse Langtafelete nie.
Die Langtafelete was op 29 Februarie by Hoër Volkskool gehou. Die saal het die tema, Melkweg in die Karoo, weerspieël. Leerders van verskeie skole kon saam met Hoër Volkskool-leerders die geleentheid in ons Moedertaal geniet.

Meer Nuusberigte