‘n Klein groepie van Hoër Volkskool se skuts het Saterdag, 2 Maart 2024, aan die Daniel Pienaar en Tiere Ope boogskietkompetisies te Uitenhage deelgeneem. Daar was ‘n totaal van 35 skuts. Die weersomstandighede was uitstekend en die skuts het hulle taak voortreflik verrig.
Daniël Pienaar Ope uitslae:
Hoërskool afdeling:
Dogters: Mikha Enslin: Brons
Seuns: John Read: Brons
Conrad Kleyn: Silwer
Tiere Ope uitslae:
Hoërskole afdeling:
Dogters: Mikha Enslin: Brons
Seuns: Michyle Mostert: Silwer
Conrad Kleyn: Goud.
Conrad is ook as beste skut in die Hoërskole afdeling aangewys.
Conrad het twee 50-talle geskiet, terwyl Michyle sy eerste 50-tal ooit behaal het. Baie geluk aan al die deelnemers!

Groepfoto: Hoër Volkskool se span
Conrad Kleyn verskyn saam met Andre Strumpher HTS Daniel Pienaar (organiseerder), asook Chris Oelofse van Adult Archery Group.

Meer Nuusberigte