Op Saterdag 10 Februarie, was Hoër Volkskool die gasheer vir die jaarlikse Collie Koeberg Graaff-Reinet atletiekbyeenkoms. Altesaam 40 van HVS se top atlete het aan die byeenkoms deelgeneem en het HVS altesaam 29 eerste plekke, 17 tweede plekke en 11 derde plekke behaal. Hierdie besonderse prestasies is die vrugte van harde werk, toewyding en deursettingsvermoë.

HVS is trots om 22 atlete deur te sien na die volgende rondte. Die atlete neem op Woensdag, 21 Februarie 2024 aan die Sarah Baartman Hoërskole Atletiekbyeenkoms in Gqeberha deel.

HVS se beste wense vergesel elkeen van hierdie atlete!

Meer Nuusberigte