Die eerste seuns en meisies tennisspanne van Hoër Volkskool het Donderdag 15 Februarie, na Bredasdorp vertrek waar hul aan dié Overbergse dorp se jaarlikse skole tennistoernooi deelgeneem het. Hulle is deur afrigter, Tiaan Mostert, vergesel. Die kompetisie beloof elke jaar ‘n uitdagende toernooi te wees wat elke speler se talent en senuwees op die toets stel.

Ondanks strawwe kompetisie, het die HVS spanne nooit moed verloor nie en dapper elke stryd gestry. Hoewel die uitslae nie positief was nie, was die gees en uithouvermoë van elke speler die positiwiteit self. Beide spanne beskou die blootstelling om teen top Wes-Kaapse skole mee te ding as ‘n belangrike leerskool en bedank hul die afrigter en me. Ilse Nel vir die tref van die reëlings om hierdie geleentheid vir hulle te kon moontlik maak.

Met trotse Afrikanermoed het elke speler hul skoollied gestand gedoen en nooit opgegee nie. Meer trots op hierdie tipe houding kan die skool nie wees nie. Wel gedaan aan elkeen van die spelers.

Meer Nuusberigte