Die Karoogala het op Woensdag, 21 Februarie by Hoër Volkskool se binneshuise swembad plaasgevind.

Die atmosfeer was elektries van opgewondenheid. Volkskool se swemmers het hul talent en vasberadenheid ten toon gestel en merkwaardige prestasies gelewer wat ons almal werklik beïndruk het. Van begin tot einde was die standaard van swem besonder hoog, wat die toewyding en harde werk van elke deelnemer weerspieël.

Die Volkskool uitslae is as volg:

Rekords:

J.J. van Schalkwyk verbeter die o.10 4x25m Individuele Wisselslagrekord wat in 2011 deur L. Laubscher van Laer Volkskool opgestel is. Hy verbeter ook die o.10 rugslag rekord.

Zenick van Schalkwyk verbeter die o.14 Laerskole se 4 x 25m Individuele wisselslagrekord, asook die 50m rugslagrekord. Albei die rekords is in 2015 deur Katherine Murray van Union High School opgestel.

Kate-Lynn Kruger verbeter die o.16 4x25m Individuele Wisselslagrekord, asook die o.16 50m rugslagrekord. Albei hierdie rekords was in 2013 deur M. Gowar van Cradock Hoërskool opgestel.

Junior Victor: JJ van Schalkwyk (LVS)

Junior Victrix: Zenicke van Schalkwyk (LVS)

Senior Victor: Ben Lemcke (UHS)

Senior Victrix: Kate-Lynn Kruger (HVS)

Die skole se kompetisie was ook baie taai.

Hoërskool:

Eerste: HVS seuns met 192 punte, Union High dogters met 184 punte

Tweede: HVS dogters met 174 punte en Union High seuns met 140 punte.

Derde: Marlow seuns met 87 punte en Gill College dogters met 55 punte

Laerskool:

Eerste: Laer Volkskool wen met 408 punte

Tweede: Union High met 346 punte

Derde Gill Primary met 246 punte

Hoër Volkskool wen die algehele gala met 366 punte.

Baie geluk aan al die swemmers wat deelgeneem het! Jul entoesiasme en vaardigheid het hierdie geleentheid onvergeetlik gemaak.

Jp Seyffert

Destiny Swimming Academy

Foto’s: Gideon van der Mescht

Meer Nuusberigte