Erik Swanepoel, ‘n graad 10-leerder aan Hoër Volkskool, het aan die PEAK 2 PEAK ‘Hard Enduro’, wat die motorfietsryers self op GPS moet navigeer, deelgeneem. Die kompetisie het in Barkley-Oos plaasgevind, reg onder die Drakensberge, wat bekend is vir sy hoë berge en mooi uitsig.

Die roetes is verseker uitdagend met baie klippe en rotsbanke waarteen die ryers moes uitry en afry. Dit is ‘n baie fisiese sport en verg uithouvermoë. Die kompetisie behels drie dae se ry waarvan die moeilikheidsgraad van die roetes in brons, silwer en Goud verdeel word, met goud as die moeilikste.

Die eerste dag word gebruik om te bepaal in watter klas die deelnemer, die volgende twee dae moet deelneem. Erik het die 44km baan in Goud voltooi en besluit om met met daardie moeilikheidsgraad, die volgende twee dae voort te gaan.

Hy het die eerste lang dag van 110km in ‘n baie goeie tyd van 8 ure voltooi. Die laaste dag se 100km het hy in 7 ure 30 minute voltooi.

Die kompetisie is nie gebasseer op posisies waarin jy eindig nie, maar wel wie die rit voltooi. Om dit te voltooi is ‘n prestasie op sy eie is. Dit was verseker ‘n uitdaging met baie klippe en rotsbanke wat die ryers moes uitry en afry wat baie fisies op hul lywe was.

Erik het die drie dae suksesvol voltooi en ‘n trofee vir Goud verower.

Volg die skakel vir beeldmateriaal van die kompetisie:

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=pfbid0bvcPFLmX2rcm6yuVjEQS8ge8c68j44QSehMnBw4t7dmvmy3HqpjKfokxwzRu8yNUl&id=100066249656609&mibextid=6aamW6

Meer Nuusberigte