Op 15 Februarie 2024 het die HVS o.15 krieketspan teen UHS op hulle krieketveld gespeel. HVS het die toss verloor en was ingestuur om eerste te kolf.

AW Lambrechts en Jano Jevan het blitsig begin kolf en die Union manne moes die bal oral oor die veld rondjaag. Jano het ‘n blitsige 28 lopies met vier viere en ‘n ses, aangeteken. AW het sy man gestaan en ‘n baie indrukwekkende 47 lopies aangeteken.

Nadat UHS ‘n vinnige twee paaltjies gevat het, het Vincent as kolwer ingekom. Met AW en Vincent se kolfbeurt, het die lopies gevloei. Na die val van AW se paaltjie, hou Vincent die pas en het hy 31 lopies van 24 balle aangeteken.

HVS se telling was 145 vir 6, na 20 boulbeurte.

Na ‘n baie angstige kolfbeurt van UHS, boul HVS hulle vir 135 uit, met AW wat die laaste paaltjie in die 19de boulbeurt laat tuimel het.

Baie geluk aan HVS se o.15-span wat die wedstryd met 10 lopies wen.

Meer Nuusberigte