Twee van Hoër Volkskool se swemmers het die afgelope naweek aan die Top 8-gala in Port Elizabeth deelgeneem. Deelname aan hierdie gala is slegs op uitnodiging en is dit ‘n besonderse prestasie om slegs te kan deel neem. Nietemin het hierdie twee swemmers hul skool trots gemaak met die volgende prestasies:
Lara Vosloo behaal ‘n 6de plek in rugslag asook ‘n 6de plek in vryslag in die ouderdomsgroep 15 jaar.
Anishka Luiters swem ‘n brons medalje in rugslag en goue medalje in vryslag los in dogters o.17 jaar afdeling.
Die skool wens elk van die swemmers baie geluk!

Meer Nuusberigte