Graad 11 leerder, Xander Keyser, het sy fotografie talent by Del Arte Eisteddfod in Vereeniging, Gauteng, in die Fotografie Afdeling gaan tentoonstel.
Die beoordelaars was baie beïndruk met sy fyn oog en talent en het die ses foto’s wat ingeskryf was, die volgende uitslae behaal:
1 x A+ vir bo 80%
4 x A++ vir bo 85%
1 x Pronkveer-toekenning vir prestasie bo 90%
Hoër Volkskool is geweldig trots op hierdie prestasie en wil ook vir Xander bedank dat hy sy fotografie talente ook by die skool uitleef. Ons is daarvan oortuig dat ons nog vele oomblikke uitstekend vasgevang deur Xander gaan beleef!
Foto 1: Talentvolle fotograaf, Xander Keyser.
Foto 2: Merkwaardige oomblik in die natuur vasgevang deur Graad 11 leerder, Xander Keyser.
Foto 3: Xander Keyser is lank reeds bekend by HVS vir sy talent om aksiefoto’s vas te vang.

Meer Nuusberigte