Jaarliks word Wapenstilstandsdag op 11 November gevier en pronk papawer blommetjies op lapelle wêreldwyd. Die St James Anglikaanse Kerk het vanjaar hul gedenkdiens op Sondag 12 November aangebied waar die lewens van soldate wat gedurende die Eerste Wêreldoorlog hul lewens verloor het, gedenk was met die gebruiklike kransleggings. Hoër Volkskool se hoofleiers, Xander Keyser en Jani Van der Merwe, het die skool met trots verteenwoordig en ‘n krans gaan neerlê ter nagedagtenis.
Foto 1: HVS hoofleiers, Xander Keyser en Jani Van der Merwe, voor die St James Anglikaanse Kerk met ‘n krans ter nagedagtenis aan die soldate wat hul lewes tydens die Eerste Wêreldoorlog verloor het.
Foto 2: HVS hoofleiers, Xander Keyser en Jani Van der Merwe, saam die hoofmeisie van Union High, Caytah-Leigh Koeberg, en die Union High onderhoofseun, Joshua Neill.

Meer Nuusberigte