By Hoër Volkskool se gimnasium is ‘n buitelug oefenbaan, bekend as die Makula Muscle Mall. Nadat die gimnasium vergroot is, was die vergroting van hierdie oefenbaan volgende op die lys.
Baie dankie aan Campbell Scott wat sy grondverskuiwingsmasjiene beskikbaar gestel het, om die terrein gelyk te maak.
ISU-Rommel se werkers het ook hand bygesit met die laaste voorbereidings van die terrein. Dankie Henlein, vir julle hulp.
Ons is dankbaar vir die ondersteuning van ons plaaslike gemeenskap wat dit vir ons moontlik maak om meer geleenthede vir ons leerders te skep.

Meer Nuusberigte