Hoër Volkskool Graaff-Reinet het die afgelope vakansie aan die ATKV Karoo Interskole Toneelfees in die Apollo Teater met sy ryke geskiedenis te Victoria-Wes deelgeneem.
Die groep is groot lof toegesing deur die uiters bekwame beoordelaars uit die Suid-Afikaanse vermaaklikheidswêreld, naamlik Danielle Retief ( 7de Laan), Rowlen von Gericke (Getroud met Rugby) en die joernalis Rasaad Adams.
Harde werk en talent is beloon met die volgende toekennings:
Beste Ensemble
Beste Produksie
Hester Prinsloo ontvang die toekenning vir Beste Regiseur. Die beoordelaars het daarvan melding gemaak dat die toneelgeselskap in uiters bekwame hande is. Verder is ook genoem dat die afronding van die stuk prysenswaardig is.
Darion Jooste ontvang die toekenning vir Beste Manlike Akteur.
Die beoordelaars se kommentaar was dat groot name in Suid-Afrika al “Fiela se Kind” aangedurf het en jammerlik gefaal het. Darion se opvoering van ‘n uiters moeilike prosateks was nie net geslaagd nie, maar het beide die gehoor en die beoordelaars na hulle asems laat snak.
Ons is voorwaar trots op ons skool se toneelgroep en vertrou dat daar nog vir jare wat kom, met hulle rekening gehou sal moet word, nie net in die Karoo nie, maar landswyd.
Baie geluk aan Hester en elkeen van hierdie talentvolle leerders.

Meer Nuusberigte