Op Donderdag 17 Augustus 2023, het Hoër Volkskool se top 6 seuns na Cradock vertrek om aan die gesogte Marilie Moolman Tennistoernooi deel te neem.

Die dorp het behoorlik gewemel van talentvolle besoekers uit die uithoeke van die land – Pretoria, Kimberley, Bloemfontein, Stellenbosch en talle Oos-Kaapse skole. Hoër Volkskool was by verre die kleinste deelnemende skool, wat aantal seuns betref, maar het met die hart van ‘n leeu geveg vir elke punt. Die talle derde stel valbylpotte, getuig hiervan.

Uitslae is as volg:

Eerste rondte:

Paarl Gimnasium 3/25

Pearson 2/25

Drostdy 18/9

Tweede rondte:

Selborn 11/18

Stirling 16/11

Cradock 18/9.

Deelname aan hierdie toernooi bied waardevolle blootstelling en voorbereiding vir die Wasserman Toernooi te Middelburg wat op 25 en 26 Augustus aangebied word en waar Hoër Volkskool deur twee spanne verteenwoordig sal word.

Spanfoto: Rudolph-Hein van Eeden, Louwen Wolfaardt, Jan-Theo van Tonder, Tiaan Mostert (spanbestuurder) Tiaan Mostert (spanbestuurder), AJ de Jager, Kian Keyser en Laun Hanekom

Meer Nuusberigte