Ses van Hoër Volkskool se leerlinge het Donderdag, 24 Augustus 2023 aan die Sanlam WOW-Spelfees deelgeneem. Dié kompetisie was die tweede rondte en het by Graaff-Reinet Primêr plaasgevind. Ons leerders het baie goed gevaar.

Op die foto is die volgende leerlinge:

Michayle Maarman (Algeheel eerste in die gr 10 afdeling) Chaendré Damons (deelname gr 😎, Nahzira Hoogbaard (algeheel derde in gr 😎, Keisia Holster (algeheel vierde in gr 😎, Ilze Vorster (algeheel vierde in gr 9) en Emily-May Gradwell (algeheel vyfde in gr 😎.

Die volgende rondte vind te Gqeberha plaas. Ons wens hierdie leerders baie geluk met hierdie goeie prestasie, en baie sterkte vir die volgende rondte!

Meer Nuusberigte