Heelwat van ons leerders het aan die Camdeboo Eisteddfod deelgeneem. Die Eisteddfod is die afgelope week deur ons buurskool, Union High School, aangebied.
Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het. Dit is nie altyd maklik om op die verhoog te gaan en voor mense op te tree nie, maar elkeen, hetsy met drama, dans, sang of voor die klavier, het jul uitstekend van jul taak gekwyt. Baie dankie aan elke afrigter vir die tyd en moeite wat aan elkeen van hierdie leerders bestee is om hul talente te kan ontgin en uit te leef. Ons waardeer julle!
Die foto’s van ons leerders se deelname vertel elkeen ‘n eie storie:
Foto 1: Temzynne Juries en Darion Jooste in aksie met Romeo en Juliet 2: Die Hiernamaals deur Paul Raath en Zandi Nothnagel.
Foto 2: Mia Prinsloo (op die stoel) besig met Papegaai Parlement deur Hanlie de Wet.
Foto 3: Klavier en sang: Alice du Toit en Rikus Kleyn
Dramagroep: Voor: Marlie Nel, Mia Prinsloo, Remé Vorster, Gabby Hall, Mikha Enslin, Bianca Swart.
Agter: Temzynne Juries, Nazihra Hoogbaard, Emily-May Gradwell, Ilze Vorster, Jean van Wyngaard, Kate-Lynn Kruger, Lara Vosloo en Darion Jooste.
Hierdie leerders sal almal te sien wees tydens Hoër Volkskool se talentaand wat op 27 September 2023 aangebied word.

Meer Nuusberigte