Kate-Lynn Kruger, ‘n graad 8-leerling aan Hoër Volkskool, het vanaf 21 tot 26 Augustus 2023 aan die Nelson Mandela Bay Dance Festival deelgeneem. Sy is ook lid van die Chinelle School of Dancing, te Graaff-Reinet.

Hierdie jaar was dit die 42ste weergawe van die Nelson Mandela Bay Dance Festival en vir die afgelope 30 jaar was Chinelle School of Dance bevoorreg om daaraan deel te neem. Daar was meer as 1319 optredes van 23 dans ateljees uit die Oos-Kaap sowel as die Wes-Kaap.

Die dansers was hierdie jaar deur die internasionale dans choreograaf, Desiree Green-Demianenko, beoordeel. Desiree het ‘n indrukwekkende CV met uitgebreide opleiding en ondervinding in die geïnspireerde diversiteit van verskillende dans genres.

Ons is baie trots op Kate-Lynn met haar twee silwer toekennings vir die moderne dansafdeling. Ons glo sy gaan nog baie hoë hoogtes bereik.

Meer Nuusberigte