Chris de Wet, ‘n graad 10-leerling van Hoër Volkskool, het die afgelope naweek aan die tweede A-Liga swemgala te Gqerberha deelgeneem. Hy het baie goed evaar en behaal drie podium-plekke.

Derde plekke in die 50m en die 100m borsslag

Tweede plek in die 200m borsslag.

Chris eindig in die top 5 vir die volgende items: 50m en 100m vryslag asook die 200m individuele wisselslag. Chris het ook sy persoonlike beste tye in die 50m en 100m borsslag, die 100m vryslag en die 200m individuele wisselslag verbeter.

Baie geluk! Ons is baie trots op jou!

Afrigter: Jp Seyffert

Meer Nuusberigte