Mathys Oberholzer, ‘n matriekleerling van Hoër Volkskool in Graaff-Reinet, het op 28 en 29 Julie uitstekend in die 2023 Afrika Genesis Boogskiet Wêreldkampioenskappe by die reservaat, Camp Discovery in Limpopo, gevaar.

Mathys het in die junior afdeling vir die ouderdomsgroep 13 tot 18 jaar deelgeneem. Hy het in die driedimensionele teikenskietafdeling ‘n goue medalje en in die Bulls-Eye-afdeling ‘n silwer medalje verower. Om te kwalifiseer vir die Wêreldkampioenskap moes hy in die Nasionale Boogskietkompetisie ‘n podiumplek behaal.

Suid-Afrika het ‘n algehele tweede plek behaal. Ander lande wat deel was van die kompetisie was Kanada, Botswana, Namibië en Zimbabwe. Kanada het as die algehele wenners van die kompetisie weggestap.

Baie geluk met hierdie goeie prestasie, Mathys.

Meer Nuusberigte