Die laaste boogskiet vir die jaar teen die ander skole en klubs van Oos-Kaap het op Saterdag 12 Augustus op die velde van Daniël Pienaar te Uitenhage plaasgevind.
‘n Totaal van 82 skuts het in die Oos-Kaap Kampioenskappe vir ‘n plek in die Oos-Kaap span deelgeneem. Daar is in Bull’s Eye (BE) en 2D gekompeteer. Dit was nogal ‘n nuutjie om van 3D na 2D te verander, maar ook hier het die skuts bewys dat hulle hulle nie sommer so van stryk sou laat bring deur verandering nie.

Medaljes vir die dag as volg:
2D Laerskole meisies: Layla de Beer (brons)
Laerskole seuns: Eben Lötter (brons)
AAG dames: Carol Cronje (goud en EC Champ)
BE Laerskole meisies: Helen Grobbelaar (brons)
Laerskole seuns: Conrad Kleyn (brons)
Eben Lötter (goud en EC Champ)
AAG dames: Carol Cronje (goud, beste skut en EC Champ)
Om vir die Oos-Kaap Boogskietspan te kwalifiseer en OP kleure te verwerf moes skuts aan minstens vier kompetisies gedurende die jaar, sowel as die Oos-Kaap Kampioenskappe deelneem. Die beste vier tellings wat gedurende die jaar geskiet is, sowel as dié van die OK Kampioenskappe, is gebruik om te bepaal wie sou in die Oos-Kaap span opgeneem word wat gedurende die komende vakansie in Gauteng aan die Nasionale Kompetisie gaan deelneem.

Die span is as volg:
Oos-Kaap Juniorspan:
Conrad Kleyn
Eben Lötter
Helen Grobbelaar
Oos-Kaap Senior A-span
Freddie van der Mescht
Mikha Enslin
Lehan de Beer
John Read
Oos-Kaap Senior B-span
Adriaan Blignaut
Mathys Oberholzer
Oos-Kaap AAG span
Carol Cronjé
Riaan Enslin

Foto 1: Mikha Enslin OP A-span; Freddie van der Mescht OP A-span; Attie Blignaut OP B-span, John Read OP A-span, Lehan de Beer OP A-span

Meer Nuusberigte