Hoër Volkskool se talentvolle o.15 tennisspelers, Alecia Louw en Louwen Wolfaardt, bevind hulle tans in Pretoria waar hulle as lede van die Oos-Kaap 0.15 tennisspan aan die Nasionale Interprovinsiale Toernooi deelneem.

Die toernooi het vroeg Sondagoggend 26 Maart 2023, afgeskop met die Oos-Kaap Tennisspan wat sommer met die eerste wedstryd van die toernooi hul stempel afgedruk het deur Gauteng Oos met ‘n oorwinning van 60 – 0 van die baan te vee!

Teen 13:00 was hulle weer op die baan om ook vir Noord-Wes ‘n tennisles of twee te leer, hierdie keer met ‘n 50 – 10 oorwinning.

Vanoggend is hulle weer vroeg op die baan vir hul kragmeting teen die Wes-Kaap Disas. Die Hoër Volkskool gemeenskap hou styf duim vas dat hierdie wedstryd ook ‘n positiewe uitslag sal lewer.

Foto’s:

Alicia en Louwen

Oos-Kaap Tennisspan

Meer Nuusberigte