Verlede jaar het die Hanekom-gesin vanaf Ceres na Graaff-Reinet verhuis en het Luan Hanekom sy skoolloopbaan by Hoër Volkskool begin.

Luan is ‘n goeie hokkiespeler en het in Ceres hokkie gespeel. Hy het besluit om daarmee voort te gaan en is tans lid van die Karoo Hokkieklub. Luan het tydens die Aprilvakansie, as deel van ‘n gekombineerde span aan die ECHS-toernooi in Bloem deelgeneem en is gekies om in Oktober in Holland te gaan hokkie speel.

Baie geluk, Luan en sterkte met jou voorbereiding vir die toer.

Meer Nuusberigte