Hoër Volkskool se eerste meisies- en tweede seuns tennisspanne het aan die “Tennis-4-Jesus” Toernooi in Bredasdorp deelgeneem.

HVS se spanne het teen groot skole soos Paarl Vallei, Dirkie Uys, Durbanville en Charlie Hofmeyer gespeel. Elke speler het hul beste gegee en op die einde was sportmansgees die wenner van die dag! Met sulke blootstelling doen spelers waardevolle ondervinding op.

FOTO Agter: Pieter Nel, Xander Keyser, Victor Dercksen, Joshua du Toit en Zak Wolfaardt.
Voor: Anya Cornelius, Alicia Louw, Zanri Groenewald, Lynette Truter en Jani van der Merwe

Meer Nuusberigte