Lede van Hoër Volkskool se leerlingraad het Woensdag, 15 Februarie ‘n leierskapseminaar bygewoon. Die seminaar is deur die Prescient Foundation moontlik gemaak. Die aanbieders van die seminaar was Die Goeie Nuus Fabriek, onder leiding van Erich Posthumus en Wian Vos.
Daar was leerders van verskillende skole in Graaff-Reinet en daarom was dit belangrik dat die leerders mekaar leer ken.
Dit was ‘n baie inspirerende seminaar en HVS se leiers is gemotiveerd vir die jaar wat voorlê.

Meer Nuusberigte