2023 se interskole gala is op 14 Februarie by Union High School se splinternuwe buitelug swembad aangebied en Volkskool se leerders wat die swemmers kom ondersteun het se gees was aansteeklik.
Laer Volkskool se swemmers het sewe rekords laat spat:
JJ van Schalkwyk het 3 rekords verbeter: vryslag, rugslag en borsslag vir seuns o.8
Zenicke van Schalkwyk het 4 rekords verbeter: wisselslag, vryslag, borsslag en rugslag vir dogters o.12
Hoër Volkskool se swemmers het vir heelwat opwinding gesorg met hulle deelname en was die hoërskool-afdeling se wenspan.
Kate-Lynn Kruger het ses eerste plekke behaal: dogters o.14 4 x 25 m individuele wisselslag, 50 m vlinderslag, 50 m borsslag, 50 m rugslag en 100 m vryslag OPE.
Kate-Lynn het ook Marlien Crewe-Brown se rekord van die 50 m rugslag verbeter.
Union High School was die algehele wenner van die interskole gala.
Jnr Victor Ludorum: Mateo Schoeman
Jnr Victrix Ludorum: Zenicke van Schalkwyk(LVS) en Taylor Jacobs
Snr Victor Ludorum: Ben Lemke
Snr Victrix Ludorum: Kate-Lynn Kruger (HVS)
Baie geluk aan ons swemmers met jul goeie prestasies en sterkte met die voorbereiding vir julle deelname aan die Karoo swemgala.
Foto’s: Gideon van der Mescht en Mariëtte Burger.

Meer Nuusberigte