Hoër Volkskool het ‘n groot poging aangewend om hierdie jaar se bewusmakingsveldtog vir kanker groot te maak. Ons dogters het pienk linte en pienk rekkies in hul hare gedra, terwyl die seuns pienk veters in hul skoene kon dra. Daarmee kon elkeen wys dat hulle die stryd teen kanker ondersteun.

‘n Paar seuns is genomineer om hul hare vir kanker te laat sny en moes geld daarvoor insamel. Die wenners was:

graad 8: Aidan Thiart,

graad 9: Tiaan Fourie,

graad 10: Adriaan Blignaut en Ethan McClean

graad 11: Lourens Hanekom en Remé Vorster

graad 12: Nico Coetzee

Daar was ook ‘n poel waar mense geld kon skenk sodat die onderwysers se hare gesny word. Wie die onderwysers was, was tot op die einde geheim gehou. Vir R1 000.00 het mnr. Neil Schreuder sy hare laat sny. Vir R2 000.00 is me. Henriette Malan en op R3 000.00 me. Gene Erasmus se hare gesny. Ons het die doelwitte bereik!

Daarna kon seuns wie se name op die lys was, ook hul hare sny. Ons is so trots op die leerders van Hoër Volkskool en hul onbaatsugtige opoffering om mense rondom ons bewus te maak van mense wat die die stryd teen kanker stry, die wat dit oorwin het en ook die wat dit verloor het.

Onderwysers en leerders kon ook pient lintjies waarop geliefdes se name geskryf is, teen die voorhekkie vasbind.

Ons dra almal in ons gemeenskap en ook die wat deel is van die Volksie-gemeenskap, reg oor die wêreld, aan ons Hemelse Vader op.

Meer Nuusberigte