Hier by Hoër Volkskool is daar nog baie water wat in die see moet loop voor ons kan rus, maar ons begin al die gevoel van vakansie kry. Die personeel van HVS wil net vir elke leerling, ouer, ondersteuner en vriend van Hoër Volkskool ‘n geseënde vakansie toewens. Mag julle die tyd saam met vriende en familie geniet, lekker uitrus en veilig reis.

Onthou in hierdie tyd ook van ons grootste geskenk, ons Verlosser, wat vir ons gebore is om ons sondes te betaal. Ons is na God se beeld geskape en daarom kan ons elkeen weet: “Die Here het jóú mooi gemaak”!

Meer Nuusberigte