Op 29 September het die personeel en die graad 12-klas van 2022 heerlik saam gekuier tydens hulle matriekafskeid.

Die afgelope week was hulle laaste week in Hoër Volkskool. Maandagaand het die presteerders tydens die prysuitdeling erkenning ontvang vir hul goeie prestasies.

Donderdag het die skooluniforms bietjie vreemd gelyk en duidelik was die lengte van sommige skoolrokke nie volgens die voorgeskrewe reëls nie.

En so het die klas se laaste skooldag op Vrydag 21 Oktober aangebreek en het hulle hul skoolloopbaan met ‘n saalbyeenkoms afgesluit.

Ons wens julle baie sterkte toe met julle finale eksamen!

Meer Nuusberigte