Johndre Ludick het die afgelope week tydens die interprovinsiale gholftoernooi in Limpopo baie goed gevaar.

Woensdag het die OP die span van Gauteng-Noord 8 – 4 gewen en Johndre het sy enkelspel 3 – 1 gewen.

Donderdag het die OP teen die span van Ekurhuleni te staan gekom en hulle 7.5 – 4.5 gewen. Johndre het ook sy enkelspel tydens hierdie dag se spel gewen.

Ons is baie trots op jou, Johndre!

Foto’s met die vergunning van GOLFRSA.

Meer Nuusberigte