Hoër Volkskool se boogskietspan het baie goed gevaar tydens verlede week se deelname aan die interprovinsiale- en interskole boogskietkompetisie in die Paarl.

Twee van Hoër Volkskool se leerders het medaljes tydens die kompetisie gewen:

Annelie Pieterse het ‘n silwer medalje in die 3D-afdeling van die interskole kompetisie, asook in die Bullseye-afdeling vir graad 12-leerders gewen. Sy het ook ‘n silwer medalje in die Bullseye-afdeling van die interprovinsiale kompetisie vir hoërskool dogters gewen.

Mikha Enslin het ‘n goue medalje in die Bullseye-afdeling vir graad 8-dogters in die interskolekompetisie gewen.

Baie dankie aan HVS se afrigters vir hulle toewyding aan boogskiet by ons skool.

Meer Nuusberigte