Na afloop van die Oos-Kaap Boogskietkampioenskappe in Port Alfred, is die name van die Oos-Kaapspanne bekend gemaak. Die spanne gaan van 5 – 7 Oktober 2022 in Paarl aan die Nasionale Kampioenskappe deelneem. Om hiervoor te kwalifiseer word die telling van die Oos-Kaap kampioenskappe, sowel as die vier beste tellings geskiet tydens die interskole kompetisies deur die jaar, gebruik. Die gemiddelde puntetelling moet bo 250 uit 300 vir die laerskoolspan en 260 uit 300 vir die hoërskool- en volwasse spanne wees.

Die volgende persone gaan Oos-Kaap en Hoër Volkskool tydens hierdie kampioenskappe verteenwoordig. Tydens die kampioenskappe is daar ‘n interprovinsiale-, asook ‘n interskole kompetisie.

AGA AAG-span (volwassenes)

Carol Cronje

Beyers Cronje (moes ongelukkig weens werksverpligtinge onttrek)

AGA Primêre Span

Wian Lötter (LVS)

AGA A-span

Annelie Pieterse

Mathys Oberholzer

Freddie van der Mescht

Samuel Pieterse

AGA B-span

John Read

Lehan de Beer

Die volgende twee skuts word ook ingesluit en hoewel hulle nie volle Oos-Kaap kleure verwerf nie, kry hulle wel Oos-Kaap erkenning:

Mikha Enslin

Adriaan Blignaut

Sterkte met die voorbereiding vir julle deelname.

Lieben Bekker en Zulaine Mostert was ook in die aanvanklike B-span, maar moes ongelukkig onttrek.

Meer Nuusberigte