Oud-volksie Anthonie de Beer (matriek 2014) het vanoggend saam met ‘n groep nagraadse fisika studente van Stellenbosch Universteit Hoër Volkskool besoek. Hulle bied ‘n skooluitreikprogram gedurende die week van 5 September aan. Die groep word gesteun deur die professionele wetenskaplike liggame van Optica, SPIE en NITheCS om skole te besoek met die doel om belangstelling in die wetenskaplike STEM velde (Science, Technology, Engineering and Mathematics) te bevorder.

Die uitreik word aangebied in die vorm van interaktiewe en prettige demonstrasies wat toepaslik is op die Fisiese Wetenskap skoolkurrikulum. Die demonstrasies is op graad 10 – 12 wetenskapsklasse gemik en dek verskeie wetenskaplike onderwerpe, soos optika, momentum, elektrisiteit en elektromagnetiese induksie, gaswette en telekommunikasie.

Hulle antwoord ook graag enige vrae rakende die demonstrasies, verdere studies en die Stellenbosch Universiteit.

Voor: Jaymie van der Merwe, Dina Ratsimandresy, Kelsey Everts, Hanri Jacobs

Agter: Anthonie de Beer, Damian Robson, Imraan Badrodien

Meer Nuusberigte