Dankie juffrou Karin van Wyk dat jy ons weer herinner het om vir die natuur en gemeenskap om te gee. Wat ‘n voorreg om die mildelike skenkings van HVS se leerders en personeel aan GRAWS te kon oorhandig.

Die behoeftes van hierdie organisasie word deur hierdie gebaar slegs tydelik aangespreek en daarom vra ons die gemeenskap om die voorbeeld te volg.

Daar is ook baie diere wat ‘n “forever home” nodig het. Watter beter vriend kan jy voor vra as ‘n lojale troeteldier wat net liefde het om te gee?

Op die foto ontvang me. Carlin Raath die donasie namens Grawse. Die oorhandiging is deur Chloe Stannard (hoofdogter) en Ruan Deysel (hoofseun) gedoen.

Meer Nuusberigte