Een van ons boustene hier by HVS is om leerders aan te moedig om betrokke te raak en ‘n verskil te maak in die gemeenskap. Met beurtkrag wat meestal saans plaasvind, het HVS verneem dat daar ‘n behoefte aan lig by Huis van der Graaff bestaan. Met ons laaste “civvie” dag kon die skool genoeg fondse insamel om twee en twintig gloeilampies aan te koop en aan Huis van der Graaff te skenk. Baie dankie aan die leerders wat hierdie insameling ondersteun het.

Foto: Ruan Deysel oorhandig die gloeilampies aan me. Antoinette Oosthuizen, wat by Huis van der Graaff werksaam is.

Meer Nuusberigte