HVS se leerders het ‘n landsdienskamp vanaf 27 Junie tot 1 Julie bygewoon. Dit was ‘n streekskamp waarvoor die landsdieners moes kwalifiseer om by te woon. Hul het aan baie aktiwiteite deelgeneem soos modderbane, hindernisbane en ‘n nagmars. Hulle het geleer om papier te maak en elkeen het ‘n leer belt gemaak.

Vier van HVS se leerders is by hierdie kamp gekies vir deelname aan die nasionale kamp wat in Desember in Kaapstad aangebied word.

Baie geluk aan Adriaan Blignaut, Anishka Luiters, Tiaan Fourie en Haley Read wat die nasionale kamp gaan bywoon. (Volgorde op foto)

Meer Nuusberigte