Dis so klein woordjie maar die betekenis agter dit alles is asemrowend groot.

Sport dien as ‘n platform vir mense om bymekaar te kom en hul land te ondersteun. Saam met nasionale trots gaan stadstrots, in on geval “dorpstrots”. Daar is ‘n sekere samesyn of kameraderie wat tussen vreemdelinge ontstaan bloot omdat hulle in dieselfde dorp woon en dieselfde span of skool ondersteun. Solank as wat kinders en volwassenes by sportaktiwiteite betrokke is, is hulle deel van die proses om die beste weergawe van hulself te wees. Sport maak ‘n mens nie net liggamlik sterk nie; dit maak ook jou geestelik sterker. Die beste les wat sport ‘n mens leer is om hindernisse en uitdagings te bowe te kom, as individue en as deel van ‘n gemeenskap.

Baie dankie aan almal van die Graaff-Reinet en omliggende omgewing wat ons Eeufees-Interskolenaweek ‘n onthou-naweek gemaak het.

Meer Nuusberigte