Van ons rugbyspelers het aan die Meyer-Sauerman-toernooi deelgeneem, wat deur Hoer Volkskool aangebied is. Hierdie toernooi was die finale rondte proewe vir die onderskeie OP rugbyspanne waar ses van ons spelers tot OP spanne verkies is. 

L’Reese Stuurman en Jan-Theo van Tonder is verkies tot die 0.16A span, wat as die Grant Khomo-span bekend staan.

Zak Wolfaardt, AJ de Jager en Elrico Prins is in die 0.16B span opgeneem, wat die Rhino Week-span is.

 Casper Bekker is verkies tot die 0.15A span, of die Nelson Mandela Metro-span.

Hierdie seuns is sprekende voorbeelde dat harde werk wel beloon word. 

Foto: L’Reese Stuurman, Zak Wolfaardt, AJ de Jager, Jan-Theo van Tonder, Casper Bekker en Elrico Prins

Meer Nuusberigte