Izak Hattingh, ‘n graad 12 leerling van Hoer Volkskool,  is besig om homself as ‘n baie veelsydige leerling te bewys. Hy het vroeër in die jaar deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Vlak 3 Swemkampioenskappe in Port-Elizabeth. Hy het uitstaande prestasies daar behaal. Hy neem aan 12 items deel en verwerf 9 goue medaljes en 3 silwer medaljes.

Hy het ook gekwalifiseer vir die SA Jaggeweerskietvereninging top 20 Juniors vir 2022. Hy is uitgenooi om deel te neem aan die Top 20 Juniors se finale rondtes.   Ons vertrou dat hy hier ook groot hoogtes sal bereik.

Meer Nuusberigte