Die afgelope vakansie het die Eerste Netbalspan van Hoer Volkskool na Mosselbaai vertrek en aan die Arthur Johnson Sportoernooi gaan deelneem. Daar het altesaam 20 skole aan die afrigtingskliniek en toernooi deelgeneem. Die weer was perfek vir netbal!

Ons het baie goed vertoon in die meeste van ons wedstryde en het ‘n algehele 11de plek behaal. Rominsihia Stoffels (links) en Monique Mzolisa is as Volkskool se twee belowendste spelers aangewys en het elkeen met ‘n medalje weggestap.  Tanya Nieuwoudt is hier gekies as deel van die Arthur Johnson Invitational Netball Team span wat einde September na Italië en Malta sal toer om daar aan ‘n toernooi deel te neem.  

Meer Nuusberigte