Die 2022 Tweekamp het ‘n rekord getal deelnemers van reg oor die land gehad. Met duisende deelnemers, toeskouers en beamptes was die Westbourne Oval en Newton Park gepak en was dit weer ‘n belewenis om soveel mense na twee jaar van Covid by sport te sien.

Twee leerders van Hoër Volkskool en een van Laer Volskoolskool is in die Oostelike Provinsie span ingesluit om hul provinsie te verteenwoordig by die Nasionale kampionskappe.

Carlien Oosthuizen (12 jaar oud), ons hoofdogter by Laer Volkskool het in ‘n ouer ouderdom deelgeneem. Sy was algeheel 43ste in die o.15 afdeling, ‘n baie bevredegende uitslag en beloof om volgende jaar baie goed te presteer. Sy was die sesde OP atleet oor die wenstreep en het haar beste tyd nog in die hardloop afdeling behaal.

Hannes van der Merwe het as o.15 deelnemer homself goed van sy taak gekwyt en algeheel 26ste geëindig. Hy was die vierde OP atleet oor die wenstreep. Hannes het hard voorberei en sy beste tye ooit in beide die hardloop sowel as die swem behaal.

Marlien Crewe-Brown is in matriek aan Hoër Volkskool en het aan die o.18 afdeling deelgeneem. Sy behaal ook prag prestasies by die kampioenskappe en behaal haar doelwit van die Top 20 deur algeheel 16de te eindig, 2de OP atleet en hardloop ook haar heel beste tyd ooit.

Volkskool is baie trots op sy tweekampers en is bly dat ons so goed gedoen het in die skool se eeufeesjaar.

Meer Nuusberigte