Bloedskenkgeleenthede is een van die hoogtepunte by Hoër Volkskool. Ons bied elke kwartaal hierdie geleentheid aan ons leerders om ontbaatsugtig van hulself te gee.

Om hierdie geleentheid glad te laat verloop, verg dit baie goeie beplanning. Daarom kies ons elke jaar ‘n paar leerders wat as portuurleiers optree. Sodoende kan ons seker maak dat elkeen die geleentheid benut en dit help om bloedskenk ‘n positiewe ervaring te maak.

FOTO: Ons portuurleiers vir 2022 is Jana Neethling, Zenke Enslin, Melandré Kombani, Sophia Louw, Elaine van Rensburg, Chequin Koopman, Suemari Burger en Megan Hendrikse (afwesig).Baie sterkte met julle werksaamhede vir 2022.

Meer Nuusberigte