Volkskool is op 30 Januarie 1922 ingewy. Op Woensdag, 23 Februarie 2022, het Volkskool sy verjaarsdag gevier. Feestelike dekor in die Kewertjie het bygedra tot ‘n heerlike aand, asook die viering van Volkskool se Eeufeesjaar.

Die personeel van Weppie Preppie, Hoër Volkskool en Laer Volkskool het die kans benut om heerlik saam te kuier. Lesley-Ann van Heerden, voorsitter van die Eeufeeskomitee asook Kosie van Schalkwyk, voorsitter van die Oudskoliere het ook die aand saam gekuier.

Dit is ‘n bedrywige jaar wat voorlê, maar as daar nou ‘n span is wat kan, dan is dit die Volkskoolspan!

Foto’s: Matty van Rensburg

Meer Nuusberigte