Kom sê saam met ons dankie tydens ‘n Lofprysingsaand op Donderdag, 28 April 2022, in NG Grootkerk, Graaff Reinet. Retief Burger, ‘n Afrikaanse sanger van geestelike liedere, gaan die geleentheid lei. Sy debuutalbum, Luidkeels is in 2005 uitgereik.

Leerlinge van Weppie Preppie sowel as Laer en Hoër Volkskool gaan die aand deel vorm van ‘n massakoor wat twee lofprysingsliedere saam met Retief gaan sing.

Die geleentheid word gratis aangebied, maar ‘n vrywillige donasie sal gedurende die Lofprysingsaand opgeneem word. Die opbrengs sal aangewend word vir die bevordering van die geestelike programme wat daar tans in die drie skole aangebied word.

Kontak Erisca Terblanche vir meer inligting by 084 494 9277

Meer Nuusberigte